
Die roete vanaf Pretoria, Silkaatsnek, PTA-N & Rosslynn:
Ry met Silkaatsnek pad deur Brits op die Thabazimbi pad uit. By die laaste robot voor jy Brits uitgaan is Speedy's Uitlaat op regs. Ry reguit vir 7 km op Thabazimbi pad in die rigting van Roodekoppies & Vaalkopdam & draai links by bord Losperfontein-Wolwekraal. Ry met kronkelpad vir 5,5 km tot net verby Losperfontein korrektief op regs. (Alles teerpad).
Draai links by bord Rustenburg ( blou oorhoofse graniet kraan op regs net na afdraai ) en ry van daar 6 km tot by Kareepoort-Wonderkoppies bord. Draai regs op grondpad. Ry aan vir ,5 km en draai regs by kafee. Ry aan vir ,4 km en draai links & ry tot by T aansluiting. Draai regs en dadelik weer links tot jy in dam vas ry ( 1 km ). (Sien kaart.)
SPESIES:
Daar is genoeg kurpers en swartbaars en beide spesies word periodiek aangevul. Behalwe vir die enkele karp in die dam word alle vangste weer teruggeplaas.
GERIEWE:
Spoeltoilette met handewasbakke, grasperke, watervoëls, bergklim, binnebandroei in kanaal en heerlike ontspannining in die son of koeltebome op ‘n silwerskoon veilige terrein. Ablusieblokke binnekort gereed. Amper vergeet…. die kransburgers kom gereeld inloer tot groot vermaak van almal…. geen gevaar, hul ken hul perke.
Verder is daar braaigeriewe en die pragtige bosveld met ‘n staproete, voël spesie identifisering en genoeg koppies om te klim…… te veel om hier te noem. Skakel gerus met Markus of Ben vir verdere navrae.
Kom kuier gerus. Dis pure plaas met beeste, skape en baie plaasbedrywighede… absoluut veilig en die atmosfeer is iets om te ervaar.
Bespreek asb vroegtydig!!
Ben Calitz 082-3600 373

All information was taken from Oppiekoppie Bass Farm's Website, please visit them at www.oppiekoppiebassfarm.co.za

